Pous Romanus

From Wikipedia, the free encyclopedia

Pous Romanus
Remove ads

Romanus was die 114de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Kitsfeite Pontifikaat begin, Pontifikaat eindig ...

Biografie

Pous Romanus is gebore in Gallese naby Civita Castellana die seun van Konstantyn. Voor sy verkiesing as pous deur die aanhangers van Pous Formosus was hy kardinaal-priester van Sint Pieter in Vincoli. In Augustus 897 volg hy Pous Stefanus VI op en regeer tot sy dood (of sy afsetting) in November 897. Hy word opgevolg deur Pous Theodorus II. Die naam ‘Romanus’ beteken 'van Rome'.

Pontifikaat

Pous Romanus begin sy pontifikaat met die ongeldigverklaring van alle handelinge van sy voorganger Pous Stefanus VI (VII). Hy gaan egter nie sover as om Pous Formosus te rehabiliteer nie. Hy verleen die pallium aan Patriarg Vitalis van Grado en bevestig die biskoppe van Elna en Gerona in hulle bisdomme. Party bronne meen Romanus is vergiftig, maar dit is meer waarskynlik dat hy deur sy beskermhere afgeset is omdat hy Pous Formosus nie rehabiliteer het nie, iets wat sy opvolger Pous Theodorus II dadelik gedoen het. Romanus het homself waarskynlik as monnik teruggetrek.

Remove ads

Verering

Die Kanadese dorp "Saint-Romain" is na hom vernoem.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Eksterne skakels

Kitsfeite
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)

Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Stefanus VI
Pous (Pontifex Maximus)
897897
Opgevolg deur
Theodorus II
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads