POV-Ray

From Wikipedia, the free encyclopedia

POV-Ray
Remove ads

Die Persistence of Vision Raytracer, of POV-Ray, is 'n gratis straalvolgerprogram beskikbaar vir 'n verskeidenheid van rekenaarplatforms. Dit is oorspronklik gebaseer op DKBTrace, geskryf deur David K. Buck en Aaron A. Collins. Daar is ook invloede van POV-Ray se voorloper, Polyray, wat deur Alexander Enzmann bygedra is. Die lisensie is gratisware.

Thumb
Die Utah-teepot, rendisie in POV-Ray. Skaduwees, spekulêre lig, gekleurde beligting en hobbelkartering word gedemonstreer.
Remove ads

Funksies

POV-Ray het al baie verbeter sedert sy begin. Onlangse weergawes van die sagteware sluit die volgende funksies in:

  • 'n Turing-volledige programmeertaal wat makro's en lusse insluit (sien SCC3[dooie skakel] vir voorbeelde van prentjies wat met minder as 256 grepe van kode gemaak is).
  • 'n Biblioteek van klaargemaakte lêers, teksture en voorwerpe.
  • Ondersteuning vir 'n hele klomp geometriese primitiewe en konstruktiewe ruimtemeetkunde.
  • Verskeie tipes ligbronne.
  • Atmosferiese effekte soos mis en rook.
  • Weerkaatsing, ligbreking en lig Wikipedia:caustics wat fotonkartering gebruik.
  • Oppervlakpatrone soos plooie, hobbels en rimpels; wat in prosedurale teksture en hobbelkartering gebruik word.
Remove ads

Eksterne Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads