Projek Dina

TV-reeks From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Projek Dina is 'n Afrikaanse dramareeks wat op KykNET, DStv kanaal 144 uitgesaai word.

Kitsfeite Genre, Geskryf deur ...

Projek Dina speel af in die werks- en lewensomgewing van die blitsreaksie-taakspan, waar die druk hemelhoog en die ruimte vir foute piepklein is. Noudat die taakspan pas saamgestel is deur die Wes-Kaapse polisie – as ’n manier om die vinnigtoenemende gevalle van vermiste persone in Suid-Afrika te bestry – het die lede van die taakspan ’n skynbaar onmoontlike taak op hande: om die vermiste persone in Kaapstad op te spoor en hulle een vir een huis toe te bring.

Remove ads

Reekse

| showblankpositional = 1 | caption | country | dontclose | episodesT | id | multiseries | network | network_transclude | released | seasonT | series | seriesT | width | regexp1 = aux[%u] | regexp2 = aux[%u][%d]+[%u]? | regexp3 = aux[%u][%d]+[%u]?span | regexp4 = color[%d]+S?[%u]? | regexp5 = end[%d]+S?[%u]? | regexp6 = episodes[%d]+S?[%u]? | regexp7 = info[%u] | regexp8 = info[%u][%d]+S?[%u]? | regexp9 = info[%u][%d]aca+span | regexp10 = info[%u]span[%d]+S | regexp11 = info[%u]_transclude | regexp12 = linkR[%d]+S? | regexp13 = linkT[%d]+S?[%u]? | regexp14 = link[%d]+S?[%u]? | regexp15 = network[%d]+S?[%u]? | regexp16 = network[%d]+[%u]?span | regexp17 = part[%d]+S? | regexp18 = postaux[%u] | regexp19 = postaux[%u][%d]+[%u]? | regexp20 = postaux[%u][%d]+[%u]?span | regexp21 = start[%d]+S?[%u]? | regexp22 = released[%d]+S?[%u]? }}

Remove ads

Produksie

Elke vyf uur word ’n kind in Suid-Afrika as vermis aangemeld. Ongeveer 30% van vermiste kinders word nooit gevind nie, terwyl 50% van vermiste volwassenes nooit weer gesien word nie. – SAPD Vermistepersoneburo, 2013  

Tydens hierdie pogings sien kykers hoe drie speurders, spesifiek uitgesoek deur brigadier Patricia Dlomo, dae aaneen werk sonder om te slaap, hoe hulle regdeur die nag oproepe maak en ontvang, en hoe hulle die Kaap se gevaarlikste hoekies betree.

Die leier van die span, kaptein Deon Visagie (gespeel deur Tim Theron), is van nature ’n strateeg en ’n ware speurhond. Hy raak obsessief oor die kleinste detail, maar sy vermoë om mense te lees skiet erg tekort. Hy sukkel veral met sersant Lux Dladla (Chumani Pan) se benadering tot speurwerk, wat staatmaak op ‘n sterk intuïsie en die vermoë om ‘n groot netwerk van kontakte op te bou en te benut.

Die taakspan gebruik die hulp van ‘n nie-amptelike informant – die vernuftige kuberkraker Charlene “Charlie” Botha (Kay Smith). Selfs Charlie besef egter vinnig dat dié speurtogte haar in meer gevaar plaas as wat sy ooit kon verwag. En die inligting wat sy verskaf is nie altyd betroubaar nie...

Adjudant-offisier Ronel Oosthuizen (Chanelle de Jager) is die persoon wat die span bymekaarhou. Sy is eerlik, hardwerkend, ’n familiemens, maar ’n persoon wat jy nie mee sukkel nie. Sy hou nie van kleinighede nie en word gereeld in die middel geplaas wanneer Deon en Lux koppe stamp, maar sy weet presies hoe om hulle te hanteer. Sy is ook die een wat die taakspan “Projek Dina” doop.

Voormalige Valke-ondersoeker Marcel van der Watt en Missing Children SA se Nicky Rheeder en Bianca van Aswegen het as konsultante opgetree vir die reeks. Projek Dina is geïnspireer deur ware verhale en is met hierdie speurders se gesamentlike kennis geskryf.

Projek Dina word vervaardig deur Penguin Films, wat ook Sara se Geheim, Arendsvlei, en flieks soos Krotoa vervaardig het.

Remove ads

Rolverdeling

  • Tim Theron as kaptein Deon Visagie
  • Chumani Pan as sersant Lux Dladla
  • Kay Smith as Charlene "Charlie" Botha
  • Chanelle de Jager as adjudant-offisier Ronel Oosthuizen
  • Lee-Ann van Rooi as Brenda Klaasen
  • Henré Pretorius as Wynand Oosthuizen
  • Chiara Roodt as Mia Oosthuizen
  • Jana Strydom Kruger as Karen Schoeman
  • Crystal Donna Roberts as Bonita
  • Laudo Liebenberg as Zander Marais

Episodes

Reeks 1 (2020)

Meer inligting No. algeheel, No. in reeks ...

Reeks 2 (2022)

Meer inligting No. algeheel, No. in reeks ...

Reeks 3 (2023)

Meer inligting No. algeheel, No. in reeks ...
Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads