Pynappel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die pynappel (Ananas comosus) is 'n tropiese plant met sappige, eetbare, saamgestelde vrugte[1] en ekonomies die belangrikste plant in die Bromeliaceae familie.[2]
Pynappels word gekweek van 'n kroonsnysel van die vrug,[3] wat gewoonlik blom in 20–24 maande en dan vrugte vorm binne die volgende ses maande.[3] Die vrugte word nie juis ryper ná dit ge-oes is nie.[4]
Pynappels word vars geëet, gekook, versap en ingelê; dit is 'n bestanddeel van 'n verskeidenheid geregte. Benewens verbruik as voedsel, word die pynappelblare (pynappelvesel) in die Filippyne gebruik om tekstielvesel te lewer, wat in muurpapier en ander behangsels gevind word.[5] Dit kan ook 'n huisplant wees.
Remove ads
Bemarking
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads