Renault
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Renault S.A.S. is 'n Franse motorvervaardiger wat motors en ligte vragmotors vervaardig (in die verlede het Renault daarnaas ook spoorvoertuie, swaar vragmotors, trekkers en busse gebou). Die Franse regering besit 15 persent van die aandele in Renault. Danksy sy alliansie (sien Renault–Nissan–Mitsubishi-alliansie) met die Japannese Nissan Motor Co., Ltd. het Renault gegroei tot die wêreld se derde grootste motorvervaardiger.
Renault en Nissan is daarnaas ook die voorste ontwikkelaars van elektriese motors en het in 2011 aangekondig dat hulle beplan om binne drie tot vier jaar altesaam vier miljard € in die ontwikkeling van agt elektriese voertuigmodelle te belê.
Renault se hoofkwartier is in die Franse stad Boulogne-Billancourt, en is die moedermaatskappy van die Roemeense motorvervaardiger Automobile Dacia en die Suid-Koreaanse motorvervaardiger Renault Samsung Motors. Verder besit Renault ondernemings soos RCI Banque (wat veral motorlenings aanbied) en Motrio ('n vervaardiger van motoronderdele).
Jean-Dominique Senard, die seun van 'n Franse diplomaat, dien tans as hoof- uitvoerende beampte.
Remove ads
Galery
- Renault Vel Satis
- Renault Twizy
- Renault Avantime
- Renault Megane
- Renault 5 Prototype
- Renault Megane E-Tech
- Renault DeZir Concept
- Renault ZOE
Eksterne skakels
| Wikimedia Commons bevat media in verband met Renault. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads