Republiek

From Wikipedia, the free encyclopedia

Republiek
Remove ads

'n Republiek, in die mees basiese sin, is 'n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense (hoe ook al gedefinieer) afkomstig is, eerder as vanuit 'n oorerflike of ander beginsel.

Thumb
Republieke in die wêreld:

 Presidensiële republieke met 'n volledige presidensiële stelsel

 Presidensiële republieke met 'n uitvoerende presidentskap gekoppel aan 'n parlement

 Presidensiële republieke met 'n semipresidensiële stelsel

 Parlementêre republieke

 Republieke waar volgens die grondwet slegs 'n enkele party mag regeer

Republieke is nie noodwendig demokraties nie — byvoorbeeld, baie republieke se mag word onder diktatorskap uitgeoefen, of volledige burgerskap word nie gebied aan slawe, vrouens of mense van spesifieke ras of etniese afkoms nie — en nie alle demokratiese grondwette word as republieke geag nie — byvoorbeeld, daar word nooit na die Verenigde Koninkryk, alhoewel demokraties in meeste van sy instellings en wetgewing is, as 'n republiek verwys nie, omdat dit 'n oorerflike staatshoof het, sowel as oorblywende oorerflike elemente in sy wetgewing.

Die woord is afkomstig vanuit die Latynse res publica, of "publieke saak, ding" Hierdie term, soos die Griekse ekwivalent politeia, beteken fundamenteel die politieke organisasie van die samelewing in 'n algemene sin, en die gebruik van hierdie terme deur klassieke outeurs (soos die titel van Plato se Republiek) behoort nie geneem te word as verwysings na enige spesifieke vorm van grondwet nie.

Remove ads

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Republiek.
  • Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir republiek.
  • (en) "Republic". Encyclopædia Britannica. Besoek op 19 Junie 2025.
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads