Rolling Stone
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Rolling Stone-tydskrif is 'n Amerikaanse tydskrif toegewy aan musiek, liberale politiek en populêre kultuur wat tweeweekliks gepubliseer word.
Remove ads
Oorsprong in San Francisco
Rolling Stone het sy oorsprong in San Francisco in 1967 gehad, deur Jann Wenner (wie tot vandag nog die redakteur en uitgewer is) en musiek resensent Ralph J. Gleason. Wenner het $7500 by sy eie familie en sy toekomstige vrou, Jane Wenner,[1] se familie geleen om die tydskrif tot stand te bring.
Rolling Stone het aanvanklik geïdentifiseer met, en rapporteer oor die hippie teenkultuur van die era. Die tydskrif het homself gedistansieer van die ondergrondse pers van die tyd, soos Berkeley Barb, en meer aanvaarde joernalistieke standaarde beoefen en die radikale politiek van die ondergrondse pers vermy. In die heel eerste uitgawe van die tydskrif het Wenner geskryf dat Rolling Stone "nie net oor musiek gaan nie, maar ook die dinge en houdings wat musiek omhels." Dit het die 'de facto kredo' van die tydskrif geword.
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads