Sakse

From Wikipedia, the free encyclopedia

Sakse
Remove ads

Sakse (Duits: Sachsen, [zaksn̩], ; Opper-Sorbies: Sakska), amptelik die Vrystaat Sakse (Freistaat Sachsen, afkorting: SN; Swobodny Stata Sakska), is 'n deelstaat in die suidooste van Duitsland. Dresden is die hoofstad en Leipzig is met 531 582 inwoners die grootste stad van Sakse.

Thumb
Gebiedsveranderinge in 1815 en die Vrystaat Sakse binne sy huidige grense vanaf 1990
Meer inligting Landsvlag, Landswapen ...

Die deelstaat grens in die ooste aan Pole, aan die Tsjeggiese Republiek in die suide, die deelstate Brandenburg, Sakse-Anhalt en Thüringen in die noorde en weste, en – oor 'n afstand van sowat 25 km in die suide – aan die deelstaat Beiere.

Duitse setlaars het hulle vanaf die 11de eeu in die gebied van die huidige deelstaat gevestig. In die volgende ses eeue het Sakse sy staatsgebied steeds verder uitgebrei om een van die magtigste moondhede binne die losse verbond van Duitse state te word wat gesamentlik die Heilige Romeinse Ryk gevorm het. Op die hoogtepunt van sy mag het die Koninkryk Sakse ook die gebied van die huidige deelstaat Thüringen en groot dele van Silesië ('n streek wat tans deel uitmaak van Pole) ingesluit.

Ná die Napoleontiese Oorloë aan die begin van die 19de eeu is uitgestrekte landsdele in die weste en noorde in 1815 aan Sakse se groot politieke mededinger Pruise afgestaan, terwyl gebiede oos van die Neiße-rivier in 1945 onder Poolse administrasie gekom het. Die rivier vorm sedertdien 'n natuurlike oostelike grens met Pole. Die regerende dinastie van die Huis van Wettin het in 1919 met die ineenstorting van die politieke strukture van die Duitse Keiserryk afstand van die Saksiese troon gedoen. Sakse dra sedertdien – as een van slegs drie Duitse deelstate naas Beiere en Thüringen – die (suiwer seremoniële) titel Vrystaat.[6]

Tradisioneel vorm die streek rondom Chemnitz en Zwickau die industriële hartland van Sakse. Die oorspronge van die Saksiese motorbedryf, wat steeds meer as 'n derde van die deelstaat se uitvoere na die buiteland verteenwoordig en aangedryf word deur nuwe aanlegte van BMW en Porsche, strek terug tot in die laat 19de eeu. Ander belangrike bedrywe sluit masjienbou, chemie en biotegnologie in. Dresden het reeds in die tyd van die Duitse Demokratiese Republiek tot 'n spilpunt van die mikroëlektronikabedryf gegroei. Vandag word hier die grootste konsentrasie van ondernemings in dié bedryf in Europa (en vyfde grootste ter wêreld) aangetref wat aan die deelstaat die Engelse bynaam Silicon Saxony besorg het.[7]

Remove ads

Geskiedenis van die Vrystaat Sakse

Thumb
Dresden in die aandskemer

Die eerste "Vrystaat Sakse" ontstaan in 1918, ná die Eerste Wêreldoorlog en die troonsafstand van die Saksiese koning. In 1945, ná die Tweede Wêreldoorlog, word in die Sowjetse sone van die besette Duitsland die "Land Sakse" uit die ou Vrystaat en gebiede van die Pruisiese provinsie Silesië wes van die Neisserivier gevorm.

Die Land Sakse is in 1952 ontbind en verdeel in drie kleiner administratiewe distrikte (Duits: Bezirke) van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR): Leipzig, Chemnitz (wat ná 'n naamswysiging Karl-Marx-Stadt genoem is) en Dresden. Met die ontbinding van die DDR in 1990 en die hereniging van die twee Duitse state is die Vrystaat Sakse as 'n deelstaat van Duitsland herstig.

Remove ads

Stede

Meer inligting Stad, Landgebied ...

Administratiewe verdeling

(Die area-afkortings word tussen hakies aangedui)

Die tien landelike distrikte van Sakse is:

  1. Bautzen (BZ)
  2. Erzgebirgs landelike distrik (ERZ)
  3. Görlitz (GR)
  4. Leipzig (L)
  5. Meißen (MEI)
  6. Mittelsachsen (FG)
  7. Nordsachsen (TDO)
  8. Sächsische Schweiz–Osterzgebirge (PIR)
  9. Vogt (V)
  10. Zwickau (Z)
Thumb
Landelike distrikskaart van Sachsen
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads