Samuel de Champlain
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Samuel de Champlain (gedoop op 13 Augustus 1574 in Brouage of La Rochelle, Aunis, Frankryk; † 25 Desember 1635 in Quebecstad, Kanada) was 'n Franse ontdekker, navorser, koloniale pionier en van 1633 tot 1635 die eerste goewerneur van Kanada. Hy word ook die "Vader van Nieu-Frankryk" genoem.
De Champlain stig in 1608 Quebecstad, die huidige hoofstad van die Provinsie Quebec. Tydens sy ekspedisies in die binneland van Kanada doen hy navorsing oor die Saint-Laurentrivier en ontdek in 1615 die Huronmeer. Hy lewer 'n waardevolle bydrae tot die vroeë kartografie van Kanada en beskryf in sy etnologiese geskrifte die gebruike en sedes van die Eerste Nasies. 'n Aantal stamme van die Eerste Nasies word sy bondgenote in die stryd teen die Britse koloniale troepe in Noord-Amerika.
Remove ads
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
