Seewier

From Wikipedia, the free encyclopedia

Seewier
Remove ads

Seewiere is 'n los groepering van nie-verwante alges wat in die see lewe. Deurgaans word na meersellige, relatief groot (makroskopiese) wiere verwys wat aan die bodem geheg is. Seewiere sluit sekere spesies van groenalge (Chlorophyta), rooialge (Rhodoplantae) en bruinalge (Phaeophyta) in.

Thumb
Seewiere op rotsblokke.
Thumb
Eetbare seewiere.
Thumb
Japannese sop van Onigiri en Wakame.

Seewiere kry hul energie deur fotosintese. Omdat seewiere soveel anders as ander plante lyk, word dit gewoonlik nie as plante gereken nie.

Remove ads

Seewiere aan die Suider-Afrikaanse kus

Die volgende seewiere kom voor aan die Suider-Afrikaanse kus:

Gebruike

Algemene gebruike vir seewiere sluit in:

Voedsel

Mense wat naby die kus woon eet gewoonlik seewiere, veral in Oos-Asië waar dit algemeen in lande soos Japan, China, Korea, Taiwan, Thailand en Viëtnam opgedis word. Dit word ook in plekke soos Belize, Peru, die Kanadese provinsie Maritimes, Skandinawië, Ierland, Wallis, Filippyne en Skotland genuttig.

Medikasie

Seewiere is 'n bron van jodium[1] wat vir die behandeling van die skildklier benodig word.

Dieetpille word ook daarvan vervaardig.[2][3][4]

Ander gebruike

Ander gebruike sluit in die vervaardiging van bioetanol[5][6] en bemesting. Dit word ook vir die vervaardiging van sekere tandepastas, kosmetiese produkte en verwe gebruik.[7]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads