Severiano Ballesteros
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Severiano "Seve" Ballesteros Sota (1957–2011) was ’n Spaanse beroepsgholfspeler wat talle toernooie (veral in die 1970’s en 1980’s) gewen het. Vanweë sy sjarme en gewildheid het die publiek hom dikwels 'Seve' genoem. In 1997 was hy die kaptein van die Europese Ryderbeker-span.[1]
Ballesteros is op 9 April 1957 in Pedrena, Cantabria gebore. Hy het op 'n jong ouderdom begin gholf speel en het met 'n nommer-drie-yster in die vallei buite sy geboortedorp begin oefen. Hy het ook baie ervaring as joggie (caddie) vir ander gholfspelers opgedoen. Gedurende die jare 1970 en 1980 was hy een van die beste spelers ter wêreld.
Ballesteros het die Britse Ope in 1979, 1984 en 1988 gewen. Hy het ook die Amerikaanse Meesterstoernooi in 1980 en 1983 verower. In die 1980's was hy 'n paar keer die nommer-een-gholfspeler op die wêreldranglys.
Remove ads
Siekte en sterwe
Hy is op 12 Oktober 2008 met kwaadaardige breinkanker gediagnoseer, en het hierna verskeie kere 6-uurlange breinsjirurgie ondergaan om die gewas te verwyder. Hy sterf op 7 Mei 2011 in die ouderdom van 54.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads