Sid Atkinson

From Wikipedia, the free encyclopedia

Sid Atkinson
Remove ads

Sidney Atkinson (1901–1977) was 'n Suid-Afrikaanse atleet. Hy was die wenner van die goue medalje in die 110 m-hekkies vir mans by die Olimpiese Spele in 1928 in Amsterdam, asook die silwermedalje in dieselfde item in 1924 in Parys.[1]

Thumb
Atkinson (links) met sy spanmaat George Weightman-Smith tydens die Olimpiese Spele van 1928.

Sidney James Montford "Sid" Atkinson is op 14 Maart 1901 in Durban gebore. Hy word in 1922 internasionaal bekend nadat hy die 110 m-hekkies in 15,2 en die 400 m-hekkies in 56,5 sekondes hardloop. Hy was ook 'n kranige verspringer.[2]

Op die Olimpiese Somerspele 1924 eindig hy tweede, net agter die Amerikaner Daniel Kinsey (goud) en voor die Sweed Sten Pettersson (brons). By die volgende Olimpiese Spele wen hy goud deur die Amerikaanse wêreldrekordhouer, Steve Anderson, te verslaan, wat tweede geëindig het.

Hy sterf op 31 Augustus 1977 in Durban.

Remove ads

Persoonlike rekords

Meer inligting Item, Prestasie ...

Medaljes

  • 1924 Silwer Olimpiese Somerspele - 15,0 s
  • 1928 Goud Olimpiese Somerspele - 14,8 s

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads