Skuurvastheid
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Skuurvastheid of skuurweerstand[1] is 'n materiaaleienskap wat kenmerk watter weerstand 'n materiaal teen vryf, skuur or skraap bied.
Papier
Dit is 'n belangrike eienskap vir papier en papierbord en word in 'n laboratorium gemeet deur papier 'n bepaalde tyd aan draaiende skuurwiele bloot te stel. Dit kan droog of nat gedoen word.[2]
Tekstiel
Skuurvastheid is ook 'n belangrike faktor wat die lewensduur van tekstielprodukte bepaal. Watter skuurvastheid 'n stof besit word deur die vesel, die draadstruktuur asook die tipe materiaal bepaal.[3]
Beton
Die skuurvastheid van beton hang veral van sy krag af. 'n Toename in weerstand kan hoofsaaklik deur 'n toename van die sementgehalte en vermindering van die voggehalte bereik word.Die hardheid van die growwe aggregaat is minder belangrik omdat dit net 'n rol speel indien die matriks weggeslyt is.
Daar bestaan versnelde slytasietoetse vir beton, wat vermag 'n betroubare bepaling van die oppervlak se slytasie teen tyd te verkry. 'n Mikrometer word gebruik om met tussenposes van 5, 10, 15 en 30 minute die omvang van die slytasie te meet.[4]
Coatings
Om die skuurvastheid te verbeter word dikwels 'n coating van byvoorbeeld PTFE gebruik.[5]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads