Pletbaarheid

From Wikipedia, the free encyclopedia

Pletbaarheid
Remove ads

Pletbaarheid of smeebaarheid is 'n belangrike fisiese eienskap, veral van metale. Dit is die vermoë om onder kompressiewe druk vervorm te word in dun velle. Dit is die teenoorgestelde eienskap van rekbaarheid wat vervorming onder trekkrag inhou. Metale wat uiters pletbaar is hoef nie ook uiters rekbaar te wees nie. Koper is nogtans altwee.[1]

Thumb
Rol van aluminium met 'n dikte van 0,013 mm

Die pletbaarheid kan gemeet word deur te bepaal watter drukspanning die materiaal kan weerstaan sonder om te breek. Verskille in metale se pletbaarheid weerspieël verskille in hul kristalstruktuur. Van die smeebare metale is goud, silwer, koper, aluminium en indium. Gewoonlik is materiale wat hard is, soos antimoon en bismut, nie baie pletbaar nie.[1]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads