Soho

From Wikipedia, the free encyclopedia

Soho
Remove ads

Soho is 'n stadsdeel van die City of Westminster wat deel uitmaak van Londen se West End. Dit is een van die Britse hoofstad se tradisionele vermaakdistrikte wat vir die grootste deel van die 20ste eeu met nagtelike aktiwiteite, sekswinkels en die rolprentbedryf verbind is.

Kitsfeite Land, Graafskap ...

Vanaf die vroeë 1980's het die distrik 'n merkwaardige transformasie tot 'n gesogte buurt ondergaan waar topgehalte-restaurante en mediakantore gevestig is, terwyl die aantal seksplekke aansienlik gekrimp het. Vandag word Soho as 'n klein multikulturele kwartier in Sentraal-Londen waargeneem waar sowel welgesteldes asook armer dele van die bevolking gehuisves word.

Thumb
Chinatown, Gerrard Street
Thumb
The Glassblower, 'n kroeg in Glasshouse Street, Piccadilly

Die plaaslike ekonomie steun op nywerhede, handelsondernemings en die kultuur- en vermaaklikheidsbedryf. Soho se klubs en kroeë lok Londenaars en besoekers, terwyl koffiewinkels, wat op naweke tot laat snags oop is, aan die buurt 'n besondere atmosfeer gee.

Die kwartier rondom Berwick Street is 'n mekka vir plateversamelaars, met bekende winkels soos Blackmarket Records en Vinyl Junkies. Londen se Chinatown is in die suide van Soho rondom Gerrard Street geleë, terwyl vermaakplekke vir gays en lesbiërs in dele van die distrik, veral rondom Compton Street, saamgetrek is.

Aangesien die buurt op naweke wemel van besoekers, het Westminster se stadsraad 'n aantal strate teen die middel van die 1990's in voetgangerlane omgeskep - 'n besluit wat later herroep is nadat winkels besware oor dalende omsetsyfers aangeteken het.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads