Sophie Wilmès

Belgiese politikus, premier sedert 2019 From Wikipedia, the free encyclopedia

Sophie Wilmès
Remove ads

Sophie Wilmès (gebore op 15 Januarie 1975 in Elsene/Ixelles) is 'n Belgiese politikus van die Franstalige, liberale Mouvement Réformateur-party (MR). Van Oktober 2019 tot Oktober 2020 was sy die eerste vroulike eerste minister van België gewees. Van Oktober 2020 tot Julie 2022 was sy die adjunk-premier en onder meer die minister van Buitelandse Sake in die De Croo-kabinet gewees.

Kitsfeite Eerste minister, Voorafgegaan deur ...

Wilmès het in Grez-Doiceau (teenswoordig 'n munisipaliteit in die provinsie Waals-Brabant) grootgeword. Sy het toegepaste kommunikasiekunde en finansiële bestuur gestudeer en by die Europese Kommissie en 'n prokureursfirma gewerk.

Sy was vanaf 2000 tot 2006 'n lid van die munisipale raad van Ukkel in die Brusselse Hoofstedelike Gewes gewees. Sedert 2007 dien sy as 'n lid van die munisipale raad van Sint-Genesius-Rode in die provinsie Vlaams-Brabant en was tewens vanaf 2007 tot 2015 'n skepe van hierdie munisipaliteit gewees. Wilmès was ook vanaf 2012 tot 2014 die verteenwoordigende lid van die Union des Francophones-party in die provinsiale raad van Vlaams-Brabant gewees. Verder het sy vanaf Oktober 2014 tot September 2015 in die Kamer van Verteenwoordigers gedien, en was vanaf September 2015 tot Oktober 2019 'n federale minister in die regeringskabinette van Michel I en Michel II gewees.

Sophie Wilmès is van Joodse afkoms, is getroud met 'n Australiër en het vier kinders.

Remove ads

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Charles Michel
Eerste minister van België
2019–2020
Opgevolg deur
Alexander De Croo
Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads