Spring

From Wikipedia, the free encyclopedia

Spring
Remove ads

Spring is 'n metode van beweging waar 'n organisme of 'n nie-lewende meganiese sisteem (soos 'n robot) homself deur die lug oor 'n ballistiese trajek voortdryf. 'n Sprong kan van ander vorme van beweging (soos loop, hardloop en galop) onderskei word deur die relatief lang periode in die lug asook die skerp hoek waarteen daar gelanseer word.

Thumb
'n Danseres voer 'n split-sprong uit.
Thumb
Spring
Thumb
'n Bottelneus-dolfyn spring uit die water.
Thumb
Skelet van 'n padda wat vir verspring aangepas is.

Sommige diere, soos die kangaroe, gebruik spronge as die primêre metode van voortbeweging, terwyl ander, soos die padda dit slegs gebruik om van roofdiere te ontsnap.

Spring is ook 'n belangrike aksie tydens speel en die beoefening van sport. Kinders huppel soms as hulle speel, terwyl sportsoorte soos verspring en hoogspring van verskillende spronge gebruik maak.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads