Geelbeksterretjie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die geelbeksterretjie (Sterna bergii) is 'n voël wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika, van Walvisbaai tot in Mosambiek,[2] voorkom. Naas die reusesterretjie is dit die grootste sterretjie in Suider-Afrikaanse waters.[3] Dit versamel dikwels saam met ander kleiner sterretjies,[2] waar hulle maklik aan hul grootte en geel snawels onderskei word.



Remove ads
Voorkoms
Die geelbeksterretjie is 'n groot grys voël met 'n wit onderkant en 'n swart mus. Die snawel is geel en die pote is swart. In vlug is die vlerkslae vinnig en die vlerkpunte omskryf 'n wye boog.[2]
Habitat en gewoontes
Dit is 'n groepsvoël wat in groot swerms aangetref word. Hul visprooi word aflandig naby die wateroppervlak gejag. Hulle rus en oornag op strande. Die voëls broei op aflandige eilande, soos veral Dyer-eiland,[3] of nader aan die kus. Hulle broei oor die wintermaande, Maart tot Oktober. Die neste word dig teen mekaar op oop gelyktes ingerig.[2] Dié is slegs 'n holte met 'n effens voering, waarin een of twee eiers gelê word.[2]
Remove ads
Ander name
Ander name sluit in geelbekseeswael en vlugge seeswael.[2][3] In Engels staan dit as die swift tern bekend.
Sien ook
Bronne
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Newman se Voëls volgens kleur. Kenneth Newman. 2000. ISBN 1-86872-449-2
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads