Kruiswonde van Christus

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kruiswonde van Christus
Remove ads

In die Katolieke tradisie is die Kruiswonde van Christus, ook bekend as die Vyf Heilige Wonde, die vyf deurpriemende wonde wat Christus aan die kruis opgedoen het met sy kruisiging. Die wonde was al die fokus van spesifieke vererings, veral in die laat Middeleeue, en word dikwels weerspieël in kerkmusiek en -kuns.

Thumb
'n Ikoon van die kruisiging wat die Vyf Heilige Wonde wys (13de eeu, Sint Katarina-klooster, berg Sinai).
Remove ads

Die wonde

Thumb
Altaarbeeld deur Paolo Venezianos, omstreeks 1340. Engele bring houers om die bloed uit Christus se wonde op te vang.
Thumb
Die ongelowige Thomas.

Die vyf wonde bestaan uit 1) die spykergat in sy regterhand 2) die spykergat in sy linkerhand, 3) die spykergat in sy regtervoet, 4) die spykergat in sy linkervoet en 5) die wond in sy torso waar hy met die spies gesteek is. Die wonde om sy kop van die doringkrans en die geselmerke word nie bygereken nie omdat Hy dit nie aan die kruis opgedoen het nie.

Die ondersoek van Christus se wonde deur die "ongelowige Thomas" waarvan in die Evangelie volgens Johannes[1] vertel word, was die fokus van baie kommentaar en is dikwels in kuns uitgebeeld.

Remove ads

Verering

Die verering van die vyf wonde word gekoppel aan die mistisisme van die Middeleeue en die klem daarvan was op passievroomheid, veral onder die heiliges Bernardus van Clairvaux en Franciskus van Assisi. Laasgenoemde het volgens tradisie in 1224 die stigmata (wondtekens; enkelvoud: stigma) gekry met die verskyning van serafs (engele van die hoogste rang) tydens ’n godsdienstige ekstase[2] – hy was die eerste aangetekende persoon in die Christelike geskiedenis wat die stigmata gekry het.[3]

Verskeie gebede oor die vyf wonde bewaar gebly, onder andere 'n kort uurgebed van sint Klara. Van die 13de eeu af het die Dominikaanse Orde sy eie fees van die sywond van Christus gehad.[4]

Die Dominikane het ook bygedra tot die verspreiding van die verering van die heilige wonde; die gebruik in sommige streke was om vyf Onse Vaders op Vrydae op te sê wanneer die klok lui om die lyding en dood van Jesus Christus te herdenk.

Ouer Romeinse liturgiese kalenders het die Fees van die Vyf Wonde van Jesus Christus en die Fees van die Doringkroon van Jesus Christus ingesluit, wat op die eerste en tweede Vrydae van Maart gevier is.

Remove ads

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads