Stompdriftdam
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Stompdriftdam is geleë in die Olifantsrivier naby De Rust in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Die Stompdriftdam is in 1965 in die Olifantsrivier voltooi. Dit lê 40 km oos van Oudtshoorn, 6 km van De Rust tussen De Rust en Vlakteplaas op die R341-streekroete na Willowmore. Die wal is 364 m lank en 49 m hoog. Die maksimum houvermoë is 55 miljoen kubieke meter en beslaan dan 'n oppervlakte van 6 208 vierkante kilometer. In Januarie 2024 het die bakmaat weens verslikking afgeneem tot 46,3 miljard liter.
Die hoofdoel van die dam is vir die besproeiing van vrugteboorde. Op die oewer langs die wal is 'n vakansieoord. Die damwal is nie oop vir die publiek nie.
Remove ads
Sien ook
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads