Struik

From Wikipedia, the free encyclopedia

Struik
Remove ads

'n Struik is 'n houtagtige plant wat onmiddellik bo die grond in 'n aantal sytakke vertak. Bome, in teenstelling met struike, het slegs een stam en word heelwat hoër. Struike is meestal korter, gewoonlik onder 5–6 m.

Thumb
'n Duinewasbessie.

Verskeie spesies plante kan as bome of struike groei, afhangende van die kondisies. Sommige struike is immergroen, terwyl ander weer bladwisselend is en hulle blare jaarliks verloor.

Struike kan aangeplant word vir hulle blomme, vir afskansing tussen huise om privaatheid te verhoog of om wind of geraas af te keer. Struike kan ook in interessante vorme gesnoei word.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads