Swartvlei

soutwatermeer aan die Tuinroete tussen George en Knysna From Wikipedia, the free encyclopedia

Swartvlei
Remove ads

Swartvlei is 'n soutwatermeer aan die Tuinroete tussen George en Knysna. Dit is die grootste en diepste van al die vleie tussen George en Knysna. Dit vorm 'n lagune met 'n oppervlakte van 1100ha en word gevoed deur die Dieprivier, Wolwerivier, Karatararivier en die Hoogekraalrivier. Die N2 nasionale pad loop oor die meer. Sedgefield lê aan die monding van die strandmeer. Die meer het ontstaan toe die riviervallei deur die stygende seevlak oorweldig is. Die Knysnaseeperdjie (Hippocampus capensis) kom in die meer voor; een van net vier van die spesie se broeiplekke.

Thumb
Die N2 kruis Swartvlei naby Sedgefield
Remove ads

Bron

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads