Taag

From Wikipedia, the free encyclopedia

Taag
Remove ads

Die Taag (Portugees: Tejo, [ˈtɛʒu]; Spaans: Tajo, [ˈtaxo]; Latyn: Tagus) is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Spanje en Portugal. Die rivier, met 'n lengte van 1 007 km, is die langste rivier op die Iberiese Skiereiland.

Thumb
Die Taag in die Portugese hoofstad Lissabon
Kitsfeite

Die Taag ontspring in die Montes Universales, Sierra de Albarracín Comarca van die outonome gewes Aragón in Spanje. Aansluitend vloei die rivier in 'n suidwestelike rigting en mond by Lissabon in die Atlantiese Oseaan uit. Die Taag vloei onder ander deur die Spaanse outonome geweste Aragón, Kastilië-La Mancha en Extremadura. Die vernaamste stede aan die Taag se rivierloop is die voormalige Spaanse hoofstad Toledo en die Portugese hoofstad Lissabon. Die Spaanse hoofstad Madrid is sowat 40 km noord van die Taag geleë.

Remove ads

Geskiedenis

Die Romeine het die rivier Tagus genoem. Histories belangrik was militêre konflikte wat in 218 v.C. tydens die Tweede Puniese Oorlog aan die oewer van die Taag tussen Hannibal en die Carpetani geveg is.

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Taag.
  • (en) "Tagus River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 1 Maart 2019.
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads