Tanoetamoen

Egiptiese farao en koning van Koesj From Wikipedia, the free encyclopedia

Tanoetamoen
Remove ads

Tanoetamoen (ook bekend as Tantamani en Tanutamun) was ’n farao van die Nubiese 25ste Dinastie van Antieke Egipte en koning van Koesj. Sy praenomen was Bakare, wat beteken "Glorieryk is die Siel van Ra".[1]

Kitsfeite

Hy was die seun van koning Sjabaka en die nefie van sy voorganger, Taharqa.[2]

Remove ads

Bewind

Nadat die Assiriërs Necho I as koning aangewys en Egipte verlaat het, het Tanoetamoen van Nubië af met die Nylrivier langs marsjeer en die hele land herbeset, insluitende Memphis. Necho I is in die veldtog dood. Die Assiriërs het na Egipte teruggekeer, Tanoetamoen se magte in die Delta verslaan en so ver suid as Thebe opgeruk, wat hulle geplunder het. Hulle het so die Nubiese heerskappy oor Egipte effektief beëindig, hoewel Tanoetamoen se gesag nog in Bo-Egipte erken is tot sy agtste bewindsjaar, 656 v.C., toe Psamtik I se vloot vreedsaam beheer oor Thebe oorgeneem en Egipte herenig het.

Tanoetamoen het daarna oor Koesj regeer tot met sy dood in 653 v.C.. Hy is in dié land opgevolg deur ’n seun van Taharqa.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads