Tasché Burger

Suid-Afrikaanse sangeres From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Tasché Susanne Burger (gebore op 29 Junie 2000 in Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika) is 'n Afrikaanse sangeres. Sy het van 4-jarige ouderdom af sanglesse geneem en aan haar talent geskaaf. Haar vroeë opvoeding ontvang sy by Laerskool Totius en Laerskool Durbanville; na haar Graad 8-jaar in Hoërskool Stellenberg het sy tuisonderrig ontvang tot Graad 12.

Kitsfeite Gebore, Beroep(e) ...

Sy is die wenner van die derde seisoen van die TV-musiekwerklikheidsreeks The Voice SA op die TV-kanaal M-Net.[2][3] Sy het ’n platekontrak by Universal Music SA losgeslaan.[4] Tasché was ook die eerste vroulike kunstenaar en die jongste om dié realiteitsreeks te wen. Francois van Coke was haar afrigter tydens hierdie reeks. Haar musiekloopbaan word bestuur deur Wynand Myburgh se musiekagentskap, Valkie van Coke.

Remove ads

Diskografie

Die Een (2019)

Tasché - EP (2019)

  • In November 2019 word Tasché se eerste EP vrygestel.[6] Die EP is opgeneem by die Van Coke Studios en is vrygestel deur Universal Music SA.[7] Haar weergawe van Lisa se Klavier asook Vier Seisoene Kind, saam met Francois van Coke, word gesing op die EP.
Remove ads

Eksterne skakels

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads