Tell

From Wikipedia, the free encyclopedia

Tell
Remove ads

'n Tell of tel (van Hebreeus: תֵּל, of uit Arabies: تلّ, tal)[1][2] is 'n soort argeologiese kunsmatige heuwel wat weens menslike bewoning en desertering van 'n geografiese ligging oor verskeie eeue ontstaan het. 'n Klassieke tell lyk na 'n lae, afgeknotte konus met 'n gelyke bokant en hellings aan al die kante.[3]

Thumb
Tell Be'er Sjewa
Thumb
Tell Jokneam

Argeologie

'n Tell kan onder andere ontstaan wanneer die inwoners wegtrek (dalk weens ongunstige klimaatstoestande of watertekort vir 'n lang ruk) of vlug (weens oorlog) en die geboue deur verwaarlosing ineenstort. Die fondasie bly egter min of meer behoue. Bo-op hierdie boureste word 'n nuwe fondasie gevoeg en nuwe geboue opgerig. Weer moet die inwoners wegtrek of vlug, weer stort die geboue ineen, en so hou die patroon oor die eeue heen aan en aan en aan. Mense sal egter keer op keer na hierdie plek/bouhoop/puinhoop toe kom om dit te bewoon, bloot omdat die ligging daarvan gunstig is.

'n Tell is 'n opeenvolging van begrawe strukture soos regerings- of militêre geboue, godsdienssentra, of wonings wat op verskillende dieptes gevestig is, afhangend van hul datum van gebruik. Hulle sal dikwels oorvleuel, horisontaal, vertikaal of in beide rigtings. Argeoloë sal tell-liggings uitgrawe ter wille van interpretasies van die argitektuur, doel, en datum van bewoning. Aangesien die uitgrawe van 'n tell 'n destruktiewe proses is, het fisici en geofisici niedestruktiewe metodes ontwikkel vir die kartering van tell-liggings.[4]

Remove ads

In kultuur

Die naam van die Israelse stad Tel Aviv, is 'n frase wat uit Esegiël 3:15 in die Bybel afgelei is, wat in Hebreeus beteken: "Tel van lente".

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads