Tenochtitlan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Tenochtitlan (Nahuatl: Tenōchtitlan, [te.noːʧ.'ti.tɬan]; letterlik: "Stad van Ténoch"; Spaans: [ˈmexiko tenotʃˈtitlan], ) was van die 14de eeu tot 1521 die hoofstad van die Asteke, totdat dit deur Spaanse conquistadores onder Hernán Cortés verower en vernietig is.


Vermoedelik het die stad aan die begin van die 16de eeu 'n bevolking van meer as 100 000 gehad en was dus die grootste stad van die Amerikas en een van die grootste stede wêreldwyd. Die Meksikaanse hoofstad Meksikostad is op die ruïnes van Tenochtitlan herbou. Die paar oorblywende ruïnes in die moderne stadsentrum is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Remove ads
Ligging
Tenochtitlan was op verskeie eilande aan die weste van die Texcocomeer geleë, wat 2240 meter bo seevlak in die Vallei van Meksiko lê. In die noorde, ooste en suide is die vallei deur 'n bergreeks omring, wat deur die vulkane Popocatépetl en Iztaccíhuatl oorheers word. Die stad was met vyf damme in die noorde, weste en suide met die vasteland verbind. Op 'n naburige eiland, wat net deur 'n kanaal van die stad geskei was, was die aanvanklik onafhanklike stad Tlatelolco geleë.
Vandag bestaan die Texcocomeer nie meer nie, wat deur die Spanjaarde geleidelik gedreineer is. Net in Xochimilco in die suide van Meksikostad vorm klein waters 'n laaste oorblyfsel van die meer.
Remove ads
Galery
- Asteekse hiëroglief van Tenochtitlan
Verdere leesstof
- (en) Molina Montes, Augusto F. (Desember 1980). "The building of Tenochtitlan". National Geographic. Vol. 158, no. 6. pp. 753–764. ISSN 0027-9358. OCLC 643483454.
- (en) Calnek, Edward (1976). Tenochtitlan in the Early Colonial Period. pp. 35–40. ISBN 978-0-292-76656-3.
{{cite book}}:|work=ignored (hulp) - (en) Luafout in Module:Citation/CS1/Utilities op reël 209: Called with an undefined error condition: maint_publisher_location
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tenochtitlan.- (en) "Tenochtitlán". Encyclopædia Britannica. Besoek op 6 Oktober 2018.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads