The Simpsons

From Wikipedia, the free encyclopedia

The Simpsons
Remove ads

The Simpsons is ’n Amerikaanse televisie-animasiereeks wat deur Matt Groening geskep is[1][2][3] en sedert 1989 in Suid-Korea en die VSA vervaardig word.

Thumb
Die skepper Matt Groening
Kitsfeite Genre, Geskep deur ...

Die reeks is ’n satiriese uitbeelding van ’n werkersklasgesin, die Simpsons, wat bestaan uit Homer, Marge, Bart, Lisa en Maggie. Dit speel in die 21ste eeu op ’n fiktiewe dorp, Springfield, af en is ’n parodie op die Amerikaanse kultuur en gemeenskap, televisie en die menslike bestaan.

Remove ads

Ontstaan en sukses

Thumb
Die Simpson-gesin.

Groening het aanvanklik ’n reeks kort tonele geskryf en die lede van die disfunksionele gesin na sy eie gesinslede genoem, met Bart in die plek van sy eie naam. Dit het op 19 April 1987 deel van The Tracey Ullman Show geword. Ná drie seisoene is dit ontwikkel in ’n halfuurlange program in spitstyd.

Dit is die sitkom wat die langste nog op televisie wys, met (in Januarie 2018) altesaam 30 seisoene[4][5] en meer as 650 episodes sedert die eerste uitsending op 17 Desember 1989. Daar is ook ’n rolprent, The Simpsons Movie (2007), ’n videospeletjie (ook 2007) en ’n Simpsons Comic, wat deur Bongo Comics gepubliseer word. Daar sal minstens ’n 31ste reeks ook wees, maar die datum is nog nie aangekondig nie.[6]

The Simpsons is wyd geprys tydens sy eerste nege[7][8] of tien[9][10] seisoene, wat as sy "goue era" beskou word. Die tydskrif Time het dit die 20ste eeu se beste TV-reeks genoem,[11] en Erik Adams van The A.V. Club meen dis die beste televisieproduk "ongeag die formaat".[12]

Op 14 Januarie het die Simpson-gesin ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry. Dit het al tientalle pryse gewen, insluitende 31 Emmys, 30 Annies en Peabody-prys, en Homer se uitroep "D'oh!" is selfs in Engels opgeneem.

Remove ads

Hoofkarakters

Medekarakters

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads