Toluca
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Toluca de Lerdo (Nahuatl: Tollocan, Otomí: Nzehni) is die hoofstad van die Mexikaanse deelstaat Mexiko. Toluca het 819 561 inwoners (sensus 2010), maar die agglomerasie het meer as twee miljoen inwoners. Dit is ook die hoofstad van die Toluca munisipaliteit.
Remove ads
Stadsbeeld
Met 'n hoogte van 2 680 meter is dit een van die hoogste stede in Sentraal-Amerika. Weens die hoë hoogte het Toluca 'n relatiewe koue klimaat. Die stad is geleë in die Vallei van Toluca aan die Río Lerma, aan die voet van die vulkaan Nevado de Toluca.
Toluca is 'n belangrike nywerheidsentrum, veral die motorbedryf is belangrik, met agentskappe of fabrieke van Daimler AG, Nissan, General Motors, BMW en Mitsubishi. Die voedsel-, farmaseutiese en chemiese nywerhede is ook belangrik vir die plaaslike ekonomie.
Remove ads
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
