Trinomiale naam
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Trinomiale naam verwys in biologie na name wat in taksons laer as spesie gebruik word. Die naam bestaan uit drie dele en verskil in dierkunde en plantkunde.
In dierkunde
By diere is daar net een rang onder spesie, en dit is subspesie. So is Coloeus monedula monedula een van die subspesies van die kerkkraai (Coloeus monedula).
In plantkunde
Vir alge en plante is daar ’n onbepaalde aantal infraspesifieke range onder die vlak van spesie. Die sekondêre range onder spesie is variëteit en forma, en nog range kan gevorm word met die voorvoegsel "sub": subspesie, subvariëteit en subforma. In uitsonderlike gevalle kan nog range gevorm word, soos supersubspesie. Nie alle range hoef gespesifiseer te word nie; sommige skrywers verkies om plantspesies in subspesies te verdeel en ander verkies variëteite.[1]
Hierdie range is deel van ’n biologiese klassifikasie. So is Corylopsis sinensis var. calvescens f. veitchiana ’n ornamentele tuinplant.[2] ’n Naam verskil egter van ’n klassifikasie. Laasgenoemde sal ’n trinomiale naam wees (dus met drie dele):[3] die twee dele van die spesienaam, Corylopsis sinensis, plus die formanaam, veitchiana, dus Corylopsis sinensis f. veitchiana.
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads