Bosveldkwarteltjie

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bosveldkwarteltjie
Remove ads

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Thumb
Skildery deur John Gould
Thumb
Turnix sylvaticus
Remove ads

Verspreiding

Die Bosveldkwarteltjie (Turnix sylvaticus) is 'n standvoël wat in Suider-Afrika voorkom, behalwe in die Wes- en Oos-Kaap, suid- en sentraal-Vrystaat en suid-KwaZulu-Natal. In Engels staan die voël bekend as die Common buttonquail.

Die voël leef van insekte en saadjies en woon op hoë grasvelde, ou landerye en oop savanne van die bosveld.

Identifikasie

Hierdie klein kwarteltjie is werklik moeilik om raak te sien, aangesien hy bly sit in sy wegkruipplek en op die laaste oomblik laag sal opvlieg om te vlug. Hy het gestreepte sandbruin bo-dele, 'n dowwe onderkant, swart flankmerke en 'n vaal gesig. Die twee geslagte lyk eenders, maar jongelinge het meer kolletjies aan die onderlyf.

Die hennetjie roep met 'n diep "hoem-hoem-hoem" en die mannetjie antwoord met "kêk-kêk-kêk".

Remove ads

Voortplanting

Die hennetjie begin die vlerksleepproses en bou dan 'n nessie op die grond. Die nessie is 'n klein pakkie gras wat in 'n natuurlike holte geplaas word. Die haantjie bebroei die gespikkelde eiers wat gewoonlik vier is; en versorg die kuikens, wat kan hardloop sodra hulle uitgebroei het. Die broeiseisoen is van Junie tot September.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads