Twa

From Wikipedia, the free encyclopedia

Twa
Remove ads

Die Twa (enkelvoud: Omutwa of Mutwa, meervoud: Batwa) is 'n pigmeë-volk inheems aan die Groot Mere-streek van Sentraal-Afrika, wat algemeen as die oudste bevolking van dié gebied beskou word, hoewel hulle nou 'n Bantoekaste vorm. Hulle vorm die kleinste etniese groep in beide Burundi en Rwanda, waar hulle saam met die Hutu en die Tutsi bly.[2][3] Daarbenewens leef Twa in aangrensende streke van die Demokratiese Republiek die Kongo, Tanzanië en Uganda. Hulle praat Kirundi in Burundi of Kinyarwanda in Rwanda, twee Bantoetale binne die Niger-Kongo-taalfamilie, as moedertaal. Bykomende lingua franca-tale wat hulle gebruik, sluit in Engels, Frans en Swahili, onderskeidelik amptelike tale van hul tuislande.

Thumb
Vlag van die Twa
Thumb
Twa-groepe volgens Hewlett & Fancher[4]
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Volgens ramings bly sowat 80 000 Twa in die Groot Mere-streek, waarmee hulle een van die kleiner groepe vorm. Hulle is egter die oudste groep in die streek en het nog voor die koms van die Hutu, Tutsi en ander daar gevestig. Die Twa is tradisionele jagter-versamelaars, maar hierdie leefwyse word al hoe minder. Een rede is die ontbossing in hul tradisionele gebiede, waardeur hulle gedwing is om ander bedrywighede soos pottebakkery uit te oefen. Maar hul tradisionele leefwyse woord ook deur die toenemende verstedeliking bedreig.

Remove ads

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads