Unix

From Wikipedia, the free encyclopedia

Unix
Remove ads

Unix (amptelike handelsmerk UNIX®) is 'n bedryfstelsel vir rekenaars wat oorspronklik in 1969 deur 'n groep AT&T-werknemers in Bell Labs ontwikkel is. Deel van die span was Ken Thompson, Dennis Ritchie en Douglas McIlroy. Vandag se Unix-bedryfstelsels is verdeel in verskeie takke, wat mettertyd deur AT&T, ander kommersiële verskaffers en nie-winsgewende organisasies ontwikkel is.

Kitsfeite Ontwikkelaar, Webblad ...

Vanaf 2007 besit die Open Group ('n industriestandaard-konsortium) die UNIX®-handelsmerk. Slegs stelsels wat ten volle ooreenstem met die Enkele UNIX-spesifikasie kwalifiseer as "UNIX®" (ander word gesien as Unix-verwant).

Gedurende die laat 1970's en vroeë 1980's het Unix se invloed in akademiese kringe gelei tot die grootskaalse implementering van Unix (in besonders die BSD-variant, komende van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, in die VSA) deur kommersiële organisasies. Die bekendste voorbeeld hiervan is Sun Microsystems. Vandag is Unix en Unix-verwante stelsels alomteenwoordig, insluitend variasies soos Linux en BSD.

Soms word die term "tradisionele Unix" gebruik om Unix of 'n bedryfstelsel te beskryf met die karakteristieke van Unix Weergawe 7 of UNIX System V (d.i. System V).

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads