Volksparty vir Vryheid en Demokrasie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (Nederlands: Volkspartij voor Vrijheid en Democratie, VVD) is 'n Nederlandse regs-liberale politieke party, wat in 1948 gestig is.
Die politieke leier is Dilan Yeşilgöz-Zegerius. Die verkiesings van die nuwe Tweede Kamer op 29 Oktober 2025 is deur die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie verloor. Die party het 22 setels behaal (-2).
Remove ads
Deelname aan die regering
Van 14 Oktober 2010 tot 5 November 2012 het die VVD met die Christen-Demokratiese Appèl (CDA) die Rutte I-kabinet gevorm. Mark Rutte was hierde kabinet se Eerste Minister. Die kabinet was 'n minderheidskabinet, wat gesteun is deur die Party vir die Vryheid (PVV) van Geert Wilders.
Van 5 November 2012 tot 26 Oktober 2017 het die VVD met die Party van die Arbeid (PvdA) die Rutte II-kabinet gevorm.
Van 26 Oktober 2017 tot 10 Januarie 2022 het die VVD met die CDA-party, die D66-party en die ChristenUnie-party die Rutte III-kabinet gevorm.
Van 10 Januarie 2022 tot 2 Julie 2024 het die VVD met dieselfde partye die Rutte IV-kabinet gevorm.
Sedert 2 Julie 2024 vorm die VVD met die BBB (en PVV en NSC) die Schoof-kabinet.
Remove ads
Partyleiers
- Pieter Oud: 28 Januarie 1948 – 16 Mei 1963
- Edzo Toxopeus: 16 Mei 1963 – 1 Oktober 1969
- Molly Geertsema: 1 Oktober 1969 – 1 Julie 1971
- Hans Wiegel: 1 Julie 1971 – 20 April 1982
- Ed Nijpels: 20 April 1982 – 9 Julie 1986
- Rudolf de Korte: 9 Julie 1986 – 15 Desember 1986
- Joris Voorhoeve: 15 Desember 1986 – 30 April 1990
- Frits Bolkestein: 30 April 1990 – 30 Julie 1998
- Hans Dijkstal: 30 Julie 1998 – 16 Mei 2002
- Gerrit Zalm: 16 Mei 2002 – 27 November 2004
- Jozias van Aartsen: 27 November 2004 – 8 Maart 2006
- (Willibrord van Beek): 8 Maart 2006 – 31 Mei 2006 (parlementêre leier TK)
- Mark Rutte: 31 Mei 2006 – 14 Augustus 2023
- Dilan Yeşilgöz-Zegerius: 14 Augustus 2023 — nou
Remove ads
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
