Jan van Hunks
legendariese figuur in die geskiedenis van Kaapstad From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Jan van Hunks is 'n legendariese figuur in die geskiedenis van Kaapstad. Sy rook-tweestryd met die duiwel is die oorsaak van die bekende “tafeldoek” wat op Tafelberg lê as die Kaapse Dokter (die suidoostewind) waai.

Legende
Van Hunks was 'n afgetrede Nederlandse seerower wat vroeg in die 18de eeu (dus in die tyd van die VOC) teen die hellings van Tafelberg en Duiwelspiek gesit het en hom verlustig het aan die uitsig terwyl hy gerook en rum gedrink het. Een somerdag toe die suidoos weer so kwaai waai, kom daar 'n vreemdeling by hom verby en vra aan Van Hunks 'n stopsel tabak. Die besoeker prys die besondere tabakmengsel hoog aan en Van Hunks spog met sy eie unieke tabakmengsel en rookvermoë. Dit lei tot 'n uitdaging en 'n kwaai rokery wat dae aanhou en 'n dik rookwolk wat Tafelberg bedek. Skielik laat die uitdager sy pyp val en stort ineen. Van Hunks buig vooroor om die vreemdeling met 'n sluk rum by te bring. Toe hy die uitdager se hoed van sy kop trek, sien hy die horings en besef dat hy met die duiwel te doen het. In 'n helder weerligflits verdwyn beide die rokers. En laat slegs 'n groot rookwolk agter. So het Duiwelspiek aan sy naam gekom volgens die legende.
Remove ads
Oorsprong
Dat dit 'n inheemse Kaapse legende afkomstig uit die geskiedenis van die Kaapse Maleierslawe is, is ongegrond. Dit is bloot 'n bewering van die Britse joernalis Ian Colvin in sy boek “South Africa: Romance of Empire”. Colvin se verhaal is gebaseer op die “Ballad of Jan van Hunks” deur Dante Gabriel Rossetti. Rossetti is op sy beurt geïnspireer deur 'n verhaal wat in Nederland afspeel. Die legende het dus niks te doen met die naam Duiwelspiek nie.
Remove ads
Bibliografie
- Standard Encyclopaedia of Southern Africa publisher=Nasou | publication-place=Cape Town | year=1974 | isbn=0-625-00326-8 | oclc=174336138 | ref=Sjabloon:Sfnref}}
- Van Hunks: Duiwels en Reuse van Tafelberg
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
