Venezuela
land in die noorde van Suid-Amerika From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Venezuela (Spaans: [beneˈswela], ; letterlik: "klein Venesië"), amptelik die Bolivariaanse Republiek Venezuela (Spaans: República Bolivariana de Venezuela, [reˈpuβlikɑ βoliβɑˈɾjɑnɑ ðe βeneˈswelɑ]), is 'n land in die noorde van Suid-Amerika. Dit grens aan die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan aan die noorde, Guyana aan die ooste, Brasilië aan die suide en Colombia aan die weste. Net noord van Venezuela lê die Karibiese lande van Aruba, Bonaire, Curaçao en Trinidad en Tobago.
Remove ads
Deelstate

Venezuela word verdeel in 23 deelstate (estados), een federale distrik (distrito capital) en een federale afhanklikheid (dependencias federales), gemerk deur 'n *:
Remove ads
Geografie

Venezuela het 'n verskeidenheid van landskappe, soos die noordelike gedeeltes van die Andesgebergte in die noordweste en langs die noordelike Karibiese kus, waar die hoogste punt, die piek Pico Bolivar teen 'n hoogte van 5 007 m is. Noord van Venezuela se vasteland lê Los Roques, 'n reeks koraaleilande. Ook in die Noordweste is die laeveld gebiede rondom die Maracaibomeer en die Golf van Venezuela. Die sentrale deel van die land word gekenmerk deur uitgestrekte vlaktes genoem llanos wat strek van die Colombiaanse grens tot die rivierdelta van die Río Orinoco in die ooste. In die suide is die Hoogland van Guyana, tuiste van die Angel-val, die wêreld se hoogste waterval.
Die klimaat is tropies en oor die algemeen warm en vogtig, alhoewel meer gematig in die hooglande. Die hoofstad Caracas is ook die land se grootste stad. Ander groot stede is onder andere Maracaibo, Barquisimeto, Valencia, Maracay en Ciudad Guayana.
Remove ads
Klimaat en plantegroei
Venezuela het 'n tropiese klimaat, met 'n reënseisoen van April tot November en 'n droë seisoen van Desember tot Maart, asook 'n baie bestendige temperatuur. Die reënval en temperatuur toon binne die algemene klimaatbeeld egter aansienlike verskille, wat veral deur die verskille in hoogte veroorsaak word. Daar is ook plantegroeiverskille wat deels aan hoogteverskille toegeskryf kan word.
Die Orinoco-bekken en die laer dele van die hoogland van Guiana het ’n weelderige tropiese plantegroei, wat in die Llanos oorgaan in grasland en in die berge in subtropiese plantegroei, terwyl dit bo 1 500 m geleidelik 'n hooggebergteplantegroei kry.
Die yl bevolkte suidelike dele van Venezuela het 'n veelsoortige dierelewe met onder meer verskillende groot katagtiges, verskillende aapspesies, knaagdiere en reptiele. Die Orinocobekken het weer baie tropiese voëlspesies.
Sien ook
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
