Vlag van Liberië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die nasionale vlag van Liberië is op 26 Julie 1847 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon elf horisontale afwisselende rooi en wit bane en in die skildhoek is een vyfpuntige wit ster op ’n blou agtergrond.
Remove ads
Simboliek
Die elf bane op die vlag verteenwoordig die elf oorspronklike ondertekenaars van die Liberiese verklaring van onafhanklikheid asook die grondwet van die Republiek van Liberië. Die blou vierkant in die skildhoek stel Afrika voor, die vyfpuntige ster stel Liberië as die eerste "onafhanklike republiek" op die kontinent (Afrika) voor, die rooi stel dapperheid voor, die wit stel reinheid voor en die blou stel getrouheid voor. Alhoewel hierdie simboliek uniek is aan Liberië, is die vlag ’n replika van “Old Glory”, die nasionale vlag van die Verenigde State.
Remove ads
Ontwerp
Volgens wetgewing moet die boonste punt van die ster in die skildhoek gelyk wees met die onderkant van die boonste (rooi) baan, die middelste punte van die ster moet gelyk wees met die bokant van die derde (die tweede rooi) baan en die onderste punte moet gelyk wees met die bokant van die vyfde (die derde rooi) baan. Die ster moet ook reg in die middel van die blou vierkantige skildhoek wees.[1]
Remove ads
Ander vlae
- Vlag van die Liberiese Doeane
Die huidige vlag is ’n aanpassing van die vorige vlag van Liberië. Die vlag voor die huidige vlag het dertien horisontale rooi en wit bane gehad (soortgelyk aan die vlag van die VSA) en in die skildhoek was ’n wit kruis op ’n blou agtergrond. Met die ondertekening van die verklaring van onafhanklikheid is die bane verminder na elf en die “Christelike kruis” is vervang met ’n vyfpuntige ster.
Soortgelyke vlae
- Vlag van die Bikini-atol
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads