WISE-teleskoop
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Wide-field Infrared Survey Explorer (WISE) is ’n ruimteteleskoop van Nasa by infrarooigolflengtes wat in Desember 2009 gelanseer is[2][3][4] en in Februarie 2011 tydelik buite werking gestel is.[5] Dit is in 2013 gereaktiveer.[6] WISE het duisende kleinplanete en verskeie sterreswerms ontdek. Sy waarnemings het ook die ontdekking ondersteun van die eerste Y-bruindwerg en aardtrojaan-asteroïed.[5][7][8]
WISE het oor 10 maande ’n sterrekundige opname van die hele lugruim gedoen met foto's in 3,4, 4,6, 12 en 22 μm-golflengtebande met behulp van ’n infrarooiteleskoop met ’n deursnee van 40 cm terwyl hy in ’n wentelbaan om die Aarde was.[9] Nadat sy waterstofkoelmiddel opgeraak het, is met ’n sendinguitbreiding vir vier maande, bekend as NEOWISE, begin sodat dit met sy oorblywende vermoëns kan soek na naby-aarde-voorwerpe (NAV's) soos komete en asteroïeds.[10]
WISE se lugruimdata, insluitende ontwikkelde foto's, bronkatalogusse en rou data, in op 14 Maart 2012 aan die publiek beskikbaar gestel en is in ’n argief met infrarooi data beskikbaar.[11][12][13] In Augustus 2013 het Nasa aangekondig hy gaan WISE reaktiveer vir ’n nuwe drie jaar lange sending om na asteroïede te soek wat met die Aarde kan bots.[6]
Remove ads
Galery
- ’n Foto van die hele lugruim met infrarooi golflengtes wat in sigbare lig omgeskakel is.
- Dieselfde foto wat warm sterrestelsels uitlig wat agter stof verberg word.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads