Winburg

From Wikipedia, the free encyclopedia

Winburgmap
Remove ads

Winburg is 'n dorpie in die Vrystaat wat in 1836 deur die Voortrekkers aangelê is. Dit was die eerste Vrystaatse hoofstad. Die naam is oorspronklik "Wenburg" gespel, wat volgens sommige kenners ter viering van die Boeremagte oor die Matabele gegee is en volgens ander oor die oorwinning in 'n regsdispuut oor die presiese ligging van die dorp.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Thumb
Die Voortrekkervlag.

Dit het 'n rol gespeel in verskeie ander oorloë met plaaslike stamme en was 'n gevegstoneel tydens die Rebellie van 1914. Vandag is dit 'n graan- en wolsentrum. Die N1 nasionale pad gaan langs die dorp verby, terwyl die N5 nasionale pad hier begin na Harrismith (en omgekeerd).

Remove ads

NG gemeente

Hoofartikel: NG gemeente Winburg
Thumb
NG Kerk Winburg

Die NG gemeente is in 1841 as die 27ste gemeente in die land gestig. Dit was die eerste gemeente in die Vrystaat, is sewe jaar ouer as Bloemfontein se moedergemeente en naas Pietermaritzburg (1839) die oudste buite die destydse Kaapprovinsie. Twis en tweedrag in die gemeente weens die Maritz-rebellie het gelei tot die stigting van die gemeente Rietfontein in 1917 (sonder grense, soos byvoorbeeld NG gemeente Potchefstroom-Mooirivier in dieselfde jaar). In 2014 het die moedergemeente 194 belydende lidmate gehad en Rietfontein 271.

Remove ads

Bekende boorlinge

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads