Witkruiswindswael

From Wikipedia, the free encyclopedia

Witkruiswindswael
Remove ads

Die witkruiswindswael (Apus caffer) is een van die kleiner windswaels. Die voëls behoort aan die genus Apus wat onder die familie van windswaelagtiges (Apodidae) ressorteer. In Engels staan dit bekend as die white-rumped swift.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Verspreiding

Hulle kom algemeen in Afrika suid van die Sahara voor, maar het ook na Marokko en die suide van Spanje uitgebrei.

Gewoontes

Die voël is 'n somerbesoeker aan Suid-Afrika en verkies oop wêreld, dikwels naby water en is gereeld in dorpe en stede. Hulle broei en slaap gewoonlik in die neste van swaeltjies of kleinwindswaels.

Voorkoms

Die voël is 14–16 cm groot en weeg 18 tot 20 gram. Die voël is swart met 'n prominente wit keel, redelike lang, diep mikstert en kenmerkende smal wit U op die kruis. Die stert word dikwels toe gehou en lyk dan skerppuntig.

Galery

Sien ook

Bronnelys

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads