Woudfries

From Wikipedia, the free encyclopedia

Woudfries
Remove ads

Woudfries (Wes-Fries: Wâldfrysk) is ’n streektaal van Wes-Fries wat aan die oostelike gedeelte van die Nederlandse Friesland-provinsie gepraat word, wat bekend staan as Wâlden (Afrikaans: "woude"). Die dialek word ook gepraat in gedeeltes van Groningen, die provinsie aan die ooste van Friesland.

Kitsfeite Woudfries Wâldfrysk, Taalkodes ...
Remove ads

Vergelyking met Kleifries

Klankverskil

Die grootste verskil tussen Woudfries en die noordwestelike streekstaal, Kleifries, is die woorde my ("ek"), dy ("jy"), hy ("hy"), sy ("sy" of "hulle"), wy ("ons"), en by ("by"), wat in Woudfries as mi, di, hi, si, wi en bi uitgespreek word en in Kleifries mij, dij, hij, sij, wij, en bij. Ander skille sluit die uitspraak van die diftonge ei, ai, en aai in wat as ij, ai en aai in Woudfries gebesig word, maar as ôi, òi, en ôi in Kleifries uitgespreek word. Daar is dus in Woudfries geen verskil tussen ei en ij nie, terwyl daar in Kleifries geen verskil in uitspraak is tussen ei en aai nie.

Ander fonetiese verskille sluit in:

Meer inligting Afrikaans, Nederlands ...

Woordverskille

Sommige leksikale verskille tussen Woudfries en Kleifries sluit onder meer in:

Meer inligting Afrikaans, Kleifries ...
Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads