Xiang

From Wikipedia, the free encyclopedia

Xiang
Remove ads

Xiang of Hsiang (Vereenvoudigde Chinees: 湘语, Tradisionele Chinees: 湘語, pinyin: Xiāng yǔ, letterlik: "Xiang-taal"), ook bekend as Hunanees (Vereenvoudigde Chinees: 湖南话, Tradisionele Chinees: 湖南話, pinyin: Húnán Huà, letterlik: "Hunan-taal"), is 'n Sino-Tibettaanse taal of 'n dialek van Chinees wat in die Volksrepubliek China gepraat word. Die taal het sowat 37 miljoen sprekers en is daarmee die vyfde mees verspreide dialek van Chinees naas Mandaryns, Wu, Kantonees en Min. Dit word veral in die Suid-Chinese provinsies Hunan, Guangxi, Guizhou, Sichuan en Shaanxi gepraat.

Kitsfeite Xiang 湘語/湘语 Xiāng yǔ, Taalkodes ...
Thumb
Die woord Xiāng yǔ ("Xiang-taal") geskryf in Tradisionele Chinese (links) en Vereenvoudigde Chinese (regs) karakters

Soos die ander Chinese tale word Xiang met Chinese karakters geskryf. Xiang is veral bekend as moedertaal van Mao Zedong (die stigter en eerste leier van die Volksrepubliek China).

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads