Yaakov Neeman

From Wikipedia, the free encyclopedia

Yaakov Neeman
Remove ads

Yaakov Neeman, Hebreeus: יעקב נאמן , (gebore 16 September 1939 in Tel Aviv - gestorwe 1 Januarie 2017 in Jerusalem) was 'n Israelse politikus, advokaat en regsgeleerde.

Kitsfeite Eerste minister, Voorafgegaan deur ...

Neeman was in die Golani-brigade van die Israeliese Lëer. Vervolgens het hy in die regte studeer aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem en aan die New York-universiteit.

In 1972 het hy die advokatekantoor Herzog, Fox & Ne'eman opgerig (saam met Chaim Herzog (president van Israel gewees) en Michael Fox).

Hy het ook 'n professor gewees, onder meer aan die Israelse Bar-Ilan Universiteit.

Eweneens het hy 'n bestuurder gewees van onder andere die vliegtuigmaatskappy El Al, die sentrale Bank van Israel en die Wereldbank.

In die Netanyahu I-kabinet was Neeman in 1996 minister van Justisie en van 1997 tot 1998 minister van Finansies. In die Netanyahu II-kabinet was hy nog eens van 2009 tot 2013 minister van Justisie. Hy was nie 'n lid van die Knesset gewees nie.

Hy was 'n onafhanklike, konserwatiewe politikus en 'n beyweraar van die Joodse karakter van die Israelse staat.

Yaakov Neeman is op nuwejaarsdag 2017 oorlede; hy is op die Olyfberg begrawe.

Remove ads

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads