Bakgat! is 'n Afrikaanse rolprent wat op 11 April 2008 vrygestel is. Die regisseur was Henk Pretorius. Die rolprent het Engelse onderskrifte om dit vir 'n wyer gehoor toeganklik te maak. Die ouderdomsperk is 13.
Bakgat 2, 'n opvolg op Bakgat!, is 'n Afrikaanse rolprent wat op 10 September 2010 vrygestel is. Die rolprent is op die tienermark gemik en het 'n ouderdomsperk van 13. Engelse onderskrifte word ingespan om die rolprent vir 'n wyer gehoor toeganklik te maak. Die regisseur was Henk Pretorius.
Bakgat! Tot die Mag 3 is 'n 101 minuut lange Afrikaanse komedie wat in 2013 vrygestel is. Die film is deur Stefan Nieuwoudt geregisseer met 'n draaiboek deur Henk Pretorius en Hanneke Schutte, vervaardig deur Dark Matter Studios en The Film Factory en versprei deur Ster-Kinekor.