Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe
LitNet Akademies is 'n Afrikaanstalige portuurbeoordeelde, aanlyn akademiese tydskrif wat op die LitNet-webwerf gepubliseer word. Die tydskrif publiseer navorsingsartikels in ses onderafdelings, nl. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Godsdienswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde, en Regte. Die tydskrif is geakkrediteer deur die Department van Hoër Onderwys en Opleiding van Suid-Afrika.
Lionel Andrés "Leo" Messi Cuccittini is 'n Argentynse sokkerspeler wat vir die Amerikaanse sokkerklub Inter Miami CF speel. Die voorspeler het van 2004 tot 2021 vir FC Barcelona se eerste span gespeel. Messi besit naas Argentynse ook Spaanse burgerskap. Sy bynaam is La Pulga wat hy te danke het aan sy kort lengte en spoed. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 wen hy die trofee vir sy land en word as die speler van die toernooi aangewys.
LitNet is 'n Afrikaanstalige letterkundige webwerf. Die webwerf se slagspreuk lui: "Die boekehuis met baie wonings". Dit huisves verskeie tuistes waarin uiteenlopende sake rondom skrywers, boeke en lesers ter sprake kom.