Mark Shuttleworth is 'n Brits-Suid-Afrikaanse entrepreneur wat hom in 2001 in Londen, en vanaf 2008 op die Man-belastinghawe gevestig het. Na bewering was hy in 2015 die sesde rykste inwoner van Man, met 'n vermoë van £160 miljoen. Hy staan veral bekend vir die groot wins wat hy in 1999 op 26-jarige ouderdom uit Thawte, 'n internet-handelsveiligheid-firma gemaak het. In 2002 was hy ook 'n vroeë ruimtetoeris, en gevolglik die eerste burger van 'n Afrika-land in die ruimte. Shuttleworth het in 2009 aangedring om R1.5 miljard sonder 'n 10% oordragheffing uit Suid-Afrika te neem, wat vanaf 2013 uitgeloop het op sy reeks regsgedinge teen die SA-owerhede. In 2015 het die Konstitusionele Hof egter teen hom beslis.