Mielies is 'n graangewas wat oorspronklik in Meso-Amerika verbou is, en daarna oor die Amerikaanse kontinente en ook die res van die wêreld versprei het. Mielies is Suid-Afrika se vernaamste landbouproduk en, soos in die meeste ander Afrikalande, ook die land se stapelvoedsel.
Afrikaanse webwerf wat ten doel gehad het om kinders met hul skooltake te help
Mieliestronk, of Dugeot se Mieliestronk soos dit ook bekend staan, was 'n Afrikaanse webwerf wat ten doel gehad het om kinders met hul skooltake te help. Op Mieliestronk was inligting oor spesifieke onderwerpe op 'n ensiklopediese maar informele wyse aangebied. Mieliestronk poog egter ook om mense te help wat hul algemene kennis wil opskerp. Die webwerf bestaan sedert 2001 en is vroeër deurlopend uitgebrei, maar dit word reeds verskeie jare lank nie meer aangevul of bygewerk nie. Mieliestronk se materiaal was in een stadium ook te koop en het in verskeie pakkette voorgekom.
Die mieliegifbol is 'n bekende lid en geofiet van die familie Amaryllidaceae, een van die Lelieagtiges. Die naam is afgelei van die feit dat die bol skynbaar giftig is en dat die plant die voorkoms van ʼn mielieplant het wanneer dit nie blom nie. 'n Alternatiewe naam, seeroogblom, verwys na die irriterende uitwerking wat die stuifmeel het.