Skaapwagters (Oenanthe) is 'n genus van voëls in die familie van vlieëvangers (Muscicapidae) en die orde van sangvoëls (Passeriformes). Hulle is vroeër onder die familie van lysters ingedeel, maar word tans algemeen onder die vlieëvangers geplaas. Dit is hoofsaaklik 'n ouwêreldse groep, hoewel die Europese skaapwagter ook na Kanada, Groenland en Alaska uitgebrei het.
Lams- en skaapvleis is die vleis van mak of huishoudelike skape. Die vleis van 'n skaap in sy eerste jaar word lamsvleis genoem, dié van 'n jong skaap ouer as een jaar is 'n hamel, en die vleis van 'n volwasse skaap is skaapvleis.