No coordinates found
Allgemeiner Deutscher Nachrichtendienst
Die Allgemeiner Deutsche Nachrichtendienst (ADN) was naas Panorama DDR die enigste nuus- en fotoagentskap wat in die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) amptelik toegelaat is. ADN het 'n monopolie op die voorsiening van nuus- en beeldmateriaal van landswye belang aan byna alle Oos-Duitse dagblaaie asook radio en televisie gehad. Nuus, berigte, artikels en foto's is met sowat sestig nuusagentskappe in ander lande uitgeruil sodat ADN in staat was om alle nuus, wat vir DDR-media bestem was, te filter.
Read article