Appalache
Die Appalache-bergreeks of Appalachiese Gebergte is 'n lang bergreeks in Noord-Amerika. Die bergreeks is deels in Kanada, maar grotendeels in die noordooste van die Verenigde State van Amerika geleë. Dit strek oor 'n lengte van 1 500 myl vanaf die eiland Newfoundland in Kanada tot in die middel van Alabama in die VSA. Die individuele berge is gemiddeld 900 meter hoog. Die hoogste piek is Mount Mitchell in Noord-Carolina. Mount Mitchell is die hoogste punt in die VSA oos van die Mississippirivier, asook die hoogste punt in die ooste van Noord-Amerika.
Read article